Russiese presidentsverkiesing, 2018

Die Russiese presidentsverkiesing van 2018 het op 18 Maart 2018 plaasgevind,[1] met Wladimir Poetin wat vir sy tweede agtereenvolgende (vierde algehele) termyn in die amp herkies is met 76,69 % van die stemme. Pawel Groedinin van die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie het 11,77% van die stemme gewen en Wladimir Zjirinofski van die Liberaal-Demokratiese Party van Rusland 5,65%. Hoewel Poetin in die verkiesing van 2012 die party Verenigde Rusland se kandidaat was, het hy in 2018 as onafhanklike gestaan.

Ander kandidate sluit in Sergei Baboerin (Russiese Volksunie), Grigori Jawlinski (Jabloko) en Boris Titof (Party van Groei).

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search